Walter van den Broeck se utopiese uitdaging aan die globale kapitalisme in Terug naar Walden ; The utopian challenge to global capitalism by Walter van den Broeck in Terug naar Walden

Die sosialistiese simpatieë wat die skryfwerk van die Vlaamse outeur Walter van den Broeck onderlê, skakel hom met die goed ontwikkelde tradisie van sosiaal betrokke literatuur in Vlaandere. Sy roman Terug naar Walden, gepubliseer in 2009, is ’n herbesoek aan die Waldenprojek van die Nederlandse hervormer en skrywer Frederik van Eeden (1860−1932). Van den Broeck gee te kenne dat ’n heroorweging van die sosialistiese ideale wat Van Eeden besiel het om nedersettings in Nederland en die VSA op die been te bring, geregverdig is in die lig van die ekonomiese krisis wat in 2008 deur onbesonne kapita... Mehr ...

Verfasser: Visagie, Andries
Dokumenttyp: Artikel
Erscheinungsdatum: 2012
Verlag/Hrsg.: AOSIS Open Journals
Schlagwörter: Walter van den Broeck / Terug naar Walden / Globale kapitalisme / Broeck / Walter van den / 1941 -- Criticism and interpretation / Flemish literature
Sprache: Afrikaans
Permalink: https://search.fid-benelux.de/Record/base-28656744
Datenquelle: BASE; Originalkatalog
Powered By: BASE
Link(s) : http://hdl.handle.net/2263/21279

Die sosialistiese simpatieë wat die skryfwerk van die Vlaamse outeur Walter van den Broeck onderlê, skakel hom met die goed ontwikkelde tradisie van sosiaal betrokke literatuur in Vlaandere. Sy roman Terug naar Walden, gepubliseer in 2009, is ’n herbesoek aan die Waldenprojek van die Nederlandse hervormer en skrywer Frederik van Eeden (1860−1932). Van den Broeck gee te kenne dat ’n heroorweging van die sosialistiese ideale wat Van Eeden besiel het om nedersettings in Nederland en die VSA op die been te bring, geregverdig is in die lig van die ekonomiese krisis wat in 2008 deur onbesonne kapitalistiese praktyke veroorsaak is. In Terug naar Walden ontketen Ruler Marsh, die rykste man in die wêreld, ’n globale finansiële krisis in weerwraak teen die kapitalistiese stelsel wat tot die ondergang van sy ouers gelei het. Marsh keer terug na die Kempen in Vlaandere, sy familie se land van herkoms. In ’n Heideggeriaanse bevestiging van die lokale, soos versinnebeeld deur die veldpad, skakel Van den Broeck sy visie van die gemene (die gedeelde oftewel the common), ’n konsep wat teoretici soos Michael Hardt en Antonio Negri in hul Empire-trilogie vanuit die kommunistiese denke gerehabiliteer het, met ’n utopiese siening dat ’n stewiger band met die land en die mense uit die eie kontrei ’n nuttige vertrekpunt mag wees vir die ontwikkeling van lewensvatbare alternatiewe vir die kapitalisme. ; The socialist sympathies that inform the writing of Flemish author Walter van den Broeck align him with a well-established tradition of socially engaged writing in Flanders. In his novel Terug naar Walden (Back to Walden), published in 2009, he revisits the Walden project of the Dutch reformer and writer Frederik van Eeden (1860−1932). Van den Broeck suggests that a reconsideration of the socialist ideals that inspired Van Eeden to establish settlements in the Netherlands and the United States is warranted in the light of the economic crisis triggered by unchecked capitalist practices in 2008. In Terug naar Walden Ruler Marsh, the ...