Die semantiek van die aan -konstruksie in sestiende-eeuse Nederlands: ’n Semasiologiese en onomasiologiese benadering

Hierdie artikel fokus op die semantiek van die Nederlandse aan-konstruksie [NP V NP aan NP], byvoorbeeld Jan geeft een boek aan Piet (‘Jan gee ’n boek aan Piet’) in die sestiende eeu. In moderne Nederlands word die aan-konstruksie gebruik as ’n alternatief vir die Nederlandse dubbelobjekkonstruksie, maar navorsing dui daarop dat die gebruik van ditransitiewe werkwoorde in die Nederlandse aan-konstruksie slegs ’n sestiende-eeuse verskynsel is – hierdie afwisseling staan bekend as die ‘datiefafwisseling’. Dis egter nie duidelik watter ditransitiewe werkwoorde die datiefalternansie geïnisieer het... Mehr ...

Verfasser: Dario Rens
Dokumenttyp: Artikel
Erscheinungsdatum: 2017
Reihe/Periodikum: Literator, Vol 38, Iss 2, Pp e1-e9 (2017)
Verlag/Hrsg.: AOSIS
Schlagwörter: historical linguistics / distinctive collexeme analysis / diachronic collexeme analysis / aan-dative / double object construction / dative alternation / construction grammar / African languages and literature / PL8000-8844
Sprache: Afrikaans
Englisch
Permalink: https://search.fid-benelux.de/Record/base-27528701
Datenquelle: BASE; Originalkatalog
Powered By: BASE
Link(s) : https://doi.org/10.4102/lit.v38i2.1333

Hierdie artikel fokus op die semantiek van die Nederlandse aan-konstruksie [NP V NP aan NP], byvoorbeeld Jan geeft een boek aan Piet (‘Jan gee ’n boek aan Piet’) in die sestiende eeu. In moderne Nederlands word die aan-konstruksie gebruik as ’n alternatief vir die Nederlandse dubbelobjekkonstruksie, maar navorsing dui daarop dat die gebruik van ditransitiewe werkwoorde in die Nederlandse aan-konstruksie slegs ’n sestiende-eeuse verskynsel is – hierdie afwisseling staan bekend as die ‘datiefafwisseling’. Dis egter nie duidelik watter ditransitiewe werkwoorde die datiefalternansie geïnisieer het. Colleman (2010) glo dat die eerste gevalle van die ditransitiewe gebruik van die aan-konstruksie konkrete fisiese bewegings is waarby die direk objek van die subjek na die indirek objek beweeg. Hy argumenteer egter dat daar geen kwantitatiewe bewys is om die bewerings te staaf nie. In ’n selfsaamgestelde korpus van sestiende-eeuse Nederlands probeer hierdie artikel die bewyse vind om Colleman se hipotese te ondersteun en sal die distinktiewe kollekseemanalise en sy diakroniese variant gebruik. Die resultate dui daarop dat die eerste ditransitiewe gevalle van die aan-konstruksie inderdaad konkrete gebruike is, maar dat daar ook ’n toename is in die metaforiese gebruik van die konstruksie.