'n Holistiese perspektief op die missio Dei : 'n evaluering van die sendingwerk van die Christelijke Gereformeerde Kerken in KwaNdebele (RSA)

PhD (Missiology), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015 ; Gedurende die afgelope 50 jaar het rolspelers in Sendingwetenskap binne die Evangeliese en Reformatoriese tradisie steeds meer oortuig geraak dat Skrifgetroue sendingwerk ’n integrasie moet behels van teologiese visie en suiwer toegepaste Woordverkondiging waarin die kern van die evangelie steeds sentraal bly. Hierby geld dade van liefde, die najaag van geregtigheid en verligting van armoede asook vermindering van lyding om die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus prakties te maak. Deur God se genade was die Chr... Mehr ...

Verfasser: Jansen, Andre
Dokumenttyp: Abschlussarbeit
Erscheinungsdatum: 2015
Schlagwörter: Missiologie / Sendingwerk / Missio Dei / Integrasie / Holisties / Woord en daad / KwaNdebele / Kruiskultureel / Kontekstualisering / Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland
Sprache: unknown
Permalink: https://search.fid-benelux.de/Record/base-26756130
Datenquelle: BASE; Originalkatalog
Powered By: BASE
Link(s) : http://hdl.handle.net/10394/15602

PhD (Missiology), North-West University, Potchefstroom Campus, 2015 ; Gedurende die afgelope 50 jaar het rolspelers in Sendingwetenskap binne die Evangeliese en Reformatoriese tradisie steeds meer oortuig geraak dat Skrifgetroue sendingwerk ’n integrasie moet behels van teologiese visie en suiwer toegepaste Woordverkondiging waarin die kern van die evangelie steeds sentraal bly. Hierby geld dade van liefde, die najaag van geregtigheid en verligting van armoede asook vermindering van lyding om die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus prakties te maak. Deur God se genade was die Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland se sendingwerk in die KwaNdebele-omgewing in Suid-Afrika ’n belangrike instrument in die uitbreiding van God se koninkryk. Die huidige studie evalueer die integrasie van Woord en daad in hierdie kerke se sendingwerk binne die genoemde gebied in die lig van die missio Dei-motief. Hieruit kan belangrike insigte verwerf en ’n bydrae gelewer word tot Missiologie en Skrifgetroue sendingwerk in die Reformatoriese tradisie uit te bou. Die doel is om 'n model vir integrale sending binne ʼn missio Dei-perspektief daar te stel deur Bybelse beginsels en praktiese lesse te integreer. Hierdie studie voeg ‘n teoretiese en praktiese benadering saam om ‘n verantwoordbare en toepasbare model daar te stel. ʼn Bybels-eksegetiese begronding van integrale sending gebaseer op die missio Dei en 15 Bybelse sleutelbegrippe hieroor toon die onlosmaaklike eenheid van die motiewe hart, mond en hande. Dit bied ‘n verantwoorde basis vir integrale sending. Hierdie beginsels word getoets aan twee internasionale toepassingsvoorbeelde: die Miga Netwerk en die Lausanne-verklaring 2010, wat waardevolle insigte bied oor ʼn model vir integrale sending. Daarna word die gevolge en uitwerking van geïntegreerde Woord- en daadbediening in die CGKN se sendingwerk binne KwaNdebele ontleed. In die lig van literatuurstudies, ‘n argivale ondersoek en persoonlike onderhoude met sendelinge en kerkleiers in KwaNdebele volg ...