Ou wyn in nuwe sakke: 'n Kritiese waardering van Bijbels lexicon

Opsomming: Bijbels lexicon is 'n Nederlandse leksikon wat woorde en uitdrukkings bevat wat aan die Bybel ontleen is en wat ná 1945 nog bekend was. Die teikengebruikers van hierdie leksikon is waarskynlik persone wat graag die Bybel lees en diegene wat belangstel in die oor-sprong en agtergrond van die Nederlandse taal. Die inleiding tot die leksikon bevat baie inligting, onder andere oor hoe die leksikon saamgestel is, 'n uiteensetting van tipes leksikale items en motivering vir lemmakeuses en tydvak wat gedek word, hoe om leksikale items na te slaan, ens. Selfs niegelowiges sal die leksikon k... Mehr ...

Verfasser: Anna Nel Otto
Dokumenttyp: Artikel
Erscheinungsdatum: 2011
Reihe/Periodikum: Lexikos, Vol 13 (2011)
Verlag/Hrsg.: Woordeboek van die Afrikaanse Taal-WAT
Schlagwörter: BIBLE / CITATION / CURRENT USAGE / DUTCH / FIXED EXPRESSION / LEXICOGRAPHY / LEXICON / MEANING / NEOLOGISM / ORIGIN / PROPER NAME / PROVERB / Philology. Linguistics / P1-1091 / Languages and literature of Eastern Asia / Africa / Oceania / PL1-8844 / Germanic languages. Scandinavian languages / PD1-7159
Sprache: Afrikaans
Deutsch
Englisch
Französisch
Niederländisch
Permalink: https://search.fid-benelux.de/Record/base-26626074
Datenquelle: BASE; Originalkatalog
Powered By: BASE
Link(s) : https://doi.org/10.5788/13--738

Opsomming: Bijbels lexicon is 'n Nederlandse leksikon wat woorde en uitdrukkings bevat wat aan die Bybel ontleen is en wat ná 1945 nog bekend was. Die teikengebruikers van hierdie leksikon is waarskynlik persone wat graag die Bybel lees en diegene wat belangstel in die oor-sprong en agtergrond van die Nederlandse taal. Die inleiding tot die leksikon bevat baie inligting, onder andere oor hoe die leksikon saamgestel is, 'n uiteensetting van tipes leksikale items en motivering vir lemmakeuses en tydvak wat gedek word, hoe om leksikale items na te slaan, ens. Selfs niegelowiges sal die leksikon kan gebruik, aangesien die inleiding ook agtergrondsinligting in blokvorm bevat, nl. 'n uiteensetting van die inhoud van die Bybel, en inligting oor Nederlandse Bybelvertalings, spreekwoordversamelings en Bybelse name. Die voordele van hierdie leksikon is dat dit slegs huidige gebruiksvoorbeelde bevat en daarom dus neologismes en veranderde betekenisse akkommodeer. Hoewel die outeurs in enkele gevalle afwyk van die terminologie vir verskillende tipes leksikale items, soos deur hulle self omskryf, is die hantering van woordeboekartikels oor die algemeen baie konsekwent en inligting is maklik toeganklik. Die waarde van die leksikon sou moontlik verder verhoog kon word deur die gebruik van meer kruisverwysings. Sleutelwoorde: BETEKENIS, BYBEL, EIENAAM, HEDENDAAGSE GEBRUIK, HER-KOMS, LEKSIKOGRAFIE, LEKSIKON, NEDERLANDS, NEOLOGISME, SITAAT, SPREEK-WOORD, VASTE UITDRUKKING Abstract: Old Wine in New Bottles: A Critical Appreciation of Bijbels lexicon. Bijbels lexicon is a Dutch lexicon which includes words and fixed expressions which have been borrowed from the Bible and which were still known after 1945. The target users of this lexicon are probably people who are fond of reading the Bible and those who are interested in the origin and background of the Dutch language. The introduction to the dictionary contains much information, inter alia on how the lexicon is structured, an exposition of different types of lexical items and ...